Landbouweekliks fokus op herlewingslandbou

Vandeesweek kuier Landbouweekliks by Izak Dreyer, ’n herlewingslandboupionier van Vrede in die Oos-Vrystaat.

Herlewingslandbou is ’n storie van hoop, want boere kan die natuur inspan om koste op hul plase te verminder.  Izak beoefen geenbewerking en plant suksesvol somer en winter dekgewasse, wat die grond se biologiese gesondheid herstel.

Van Netwerk24