‘n Boer maak ‘n plan maar Jannie Myburgh maak die toerusting!

Jannie Myburgh, ’n boer van Ermelo in Mpumalanga, is die eienaar van Myburgh Toerusting, ’n bekende gesig op die Nampo-oesdag. Jannie is die baasbrein agter verskeie suksesvolle boerdery-uitvindsels wat dikwels uit sy eie frustrasie as boer gebore is. Hierdie toerusting help ook medeboere om hul produksie en doeltreffendheid te verbeter.